Polisieman aangeval toe hy verdagte probeer deursoek

n Polisieman van die Potchefstroom-polisie se honde-eenheid is Maandagoggend (27 Augustus) omstreeks 10:30 deur ’n 58-jarige man aangerand.
Volgens polisiewoordvoerder a.o. Mpho Manyoba het die polisieman die betrokke oggend op die hoek van Govan Mbeki-rylaan en Viljoenstraat gepatrolleer toe hy ’n verdagte man in die bosse daar naby gesien het. Hy het na die man gegaan en gevra of hy hom kon deursoek.
“Die man het ingestem en die polisieman het hom begin deursoek, maar terwyl hy besig was het die 58-jarige man losgetrek en die polisieman met sy vuiste begin slaan,” sê Manyoba.
Die polisieman se kollega het ook ingespring en gehelp om die man in hegtenis te neem.
Die polisieman het geen ernstige beserings opgedoen nie en ’n saak van algemene aanranding en aanval op polisie word ondersoek.

+ READ MORE