Rus jou kind toe om paraat en veilig te wees

Rus jou kind toe om paraat en veilig te wees Praktiese veiligheid vir laatmiddag-sport en wagtye by die skool Laatmiddag sport is deel van ’n gesonde, aktiewe kinderlewe. Maar dit is ook die tyd van die dag waar toesig minder is, roetines breek en kinders soms alleen by ’n hek of langs die sportveld wag. Hier is die eenvoudige, maar harde realiteit:Kinders moet beskerm word maar ook toegerus word! Die doel hier is nie om vrees te skep nie, maar om jou kind te help om bewus te wees en met selfvertroue vinnig reg te kan optree as iets nie reg voel nie. Maak dit ’n gewoonte om hierdie ses punte saam met jou kind te oefen. Dit moet so natuurlik raak soos om hul skoene vas te maak. Bly by die skoolhek, wagarea of naby ander ouers met kinders Moenie rondbeweeg of alleen wegstap nie Kies plekke wat goed belig en sigbaar is Geen oorfone wat jou omgewing blokkeer nie Hou jou oë en ore oop Let op wie rondom jou is en wat gebeur Weet presies wie jou mag oplaai Moenie saam met iemand ry as dit nie vooraf gereël is nie As iets verander, moet ‘n ouer of onderwyser dit bevestig Maak seker jou ouers weet altyd presies waar jy is en hoe laat As iets verander, vra jou onderwyser om te bel of ‘n boodskap te stuur Moenie stilbly as jy onseker voel nie As iets nie reg voel nie – doen iets daaraan Moenie probeer “dapper wees” en dit ignoreer nie Beweeg dadelik nader aan ’n volwassene met kinders of groep As iets verander, vra jou onderwyser om te bel of ‘n boodskap te stuur As jy ongemaklik voel, vra onmiddelik vir hulp by ’n onderwyser, afrigter of ander ouer Veiligheid gaan nie daaroor om jou kind bang te maak nie, maar om hom/haar te help om effektief te dink, te herken en te reageer. As kinders weet wat om te doen, verander onsekerheid in aksie. En dit maak ’n werklike verskil. If you found this blog helpful, be kind and share it with others: Facebook-f Instagram