Mooirivier Emergency Med op die Mooirivier Beskerming App
Mooirivier Beskerming het ‘n selfoonpaniek ontwikkel en ‘n nooddiens daarmee geïntegreer, wat bekend staan as die Mooirivier Beskerming App. Die paniek kan op enige plek gebruik word waar selfoonopvangs is, en die beheerkamer sal ‘n akkurate ligging daarvan ontvang.
Indien die paniek binne die groter Potchefstroom-area gebruik word vir enige misdaad- of mediese nood, word reaksievoertuie en/of die mediese noodvoertuig na die posisie gestuur.
Die applikasie vereis ‘n slimfoon met data.
Mooirivier Emergency Med is ʼn spesialisvoertuig waarmee mediese noodgevalle hanteer word. Die voertuig is volgens wetgewing as mediese noodvoertuig geregistreer, wat beteken dit word streng gereguleer en volgens streng vereistes teogerus en beman. Ook die mediese personeel moet op ‘n baie spesifieke vlak gekwalifiseerd wees om sodoende gevorderde nood-mediese hulp te kan verleen.
Wetgewing bepaal egter dat hierdie voertuig nie pasiënte mag vervoer nie. Om daardie diens te verseker, word die diens in vennootskap met ER24 bedryf.
Ingesluit by die maandelikse premie, is versekering wat waarborg dat daar geen koste verbonde sal wees aan die nood mediese- en ambulansdienste nie. Dit sluit selfs lug-ambulanse in wat in uiterse nood gebruik kan word.
Hoewel baie mense mediese planne het wat ook ambulansdienste bied, bied hierdie diens verskeie noodsaaklike voordele:
- Al wat nodig is om hierdie diens te aktiveer, is die druk van ‘n knoppie op jou selfoon.
- Persone met ‘n mediese fonds/hospitaalplan moet ‘n bepaalde prosedure volg deur oproepsentrums, wat baie tydrowend en traumaties is in geval van ‘n ernstige noodsituasie. Hierdie diens is onmiddellik beskikbaar, sonder enige telefoniese versoeke, adresse en roetes wat verskaf moet word. Hierdie diens word spontaan ge-aktiveer as die noodsein en ligging ontvang word.
- Alle relevante mediese inligting is op ‘n databasis beskikbaar, wat insluit mediese fonds besonderhede, chroniese medikasie, mediese kondisies, bloedgroep en so meer.
- Persone sonder ‘n mediese fonds/hospitaalplan kry die voordeel van kwaliteit mediese nooddiens en afvoer. Sonder dit, sal hierdie diens baie duur wees, meestal R2 000 of meer.
- Indien die Mooirivier Beskerming app gebruik word, word die posisie van die persoon akkuraat aangedui. Navigasie toerusting in die voertuig verseker dat daar geen vertraging is om nooddienste op die toneel te kry nie.
- Privaat ambulansdiens, insluitend lugambulans indien nodig, word verseker.
- Ambulansdienste is nasionaal beskikbaar deur ER24.