Vryheid begin by Veiligheid

Gelukkige Jeugdag! Jeugdag gaan oor jongmense wat hul plek in die wêreld begin volstaan. Dis die ouderdom van planne maak, nuwe dinge aanpak, laat aande saam met vriende, sportoefeninge, studies, eerste werksgeleenthede en meer onafhanklikheid. Maar, saam met daardie vryheid kom verantwoordelikheid ook. Ons voel ’n jongmens moet ruimte hê om die lewe voluit aan te pak – met selfvertroue én met gemoedsrus. Daarom dink ons hierdie Jeugdag aan drie eenvoudige dinge wat elke jongmens kan onthou: VRY. Mens weet meeste van die tyd gouer as wat jy dink as iets nie reg voel nie – en daardie ongemak beteken iets. Of dit nou ’n stil parkeerarea, ’n onbekende persoon of ’n situasie is wat skielik verkeerd voel – luister na jou instink en tree betyds op.  Die klein goed maak saak. Laat weet iemand waarheen jy gaan. Maak seker jou foon is gelaai. Reël jou vervoer betyds. Hou noodnommers byderhand. Voorbereiding klink eenvoudig, maar dis baie keer wat mense help om kalm en veilig te bly wanneer dinge onverwags verander. Veiligheid werk nie in isolasie nie. Dis die vriend wat vra: “Laat weet as jy by die huis is.” Dis mense wat nie iemand alleen laat wegstap as iets vreemd voel nie. Dis gemeenskappe wat mekaar raaksien en verantwoordelikheid vir mekaar aanvaar. Gelukkige jeugdag! If you found this blog helpful, be kind and share it with others: Facebook-f Instagram