Veiligheid begin by die een op die scooter…

Die GoNow-scooters het baie gou deel van die dorp geword en, soos enige nuwe ding op ons paaie, kom dit met vrae:

MB_blog_gonow24

Kom ons sê dit reguit: die oomblik as jy op daardie scooter klim, rus die verantwoordelikheid op JOU.

Geen maatskappy, sekuriteitspan of slim tegnologie kan namens jou besluit om stadiger te ry nie. Niemand anders kan betyds rem, jou foon in jou sak sit, of vir die voetganger padgee nie. Daardie keuses maak jý – elke keer as jy ry.

Moenie dat die grootte van die ryding jou flous nie. ’n Scooter is klein en maklik om te bestuur, maar die risiko’s is alles behalwe. Een oomblik se onoplettendheid en jy, ’n voetganger of ’n motoris kan seerkry.

Dis eintlik eenvoudig:

Die rit is ook nie klaar wanneer jy afklim nie. ’n Scooter wat dwars oor ’n sypaadjie lê of ’n ingang versper, is nie meer jou gerief nie – dis iemand anders se struikelblok. Dink aan die oom met sy inkopies of die ma met die stootwaentjie wat daar verby moet kom, en los die scooter tog waar dit niemand anders pla nie.

Ons hou dop en beveilig die scooters. Ons bestuur nie die GoNow-diens nie en ons kan nie elke ou se keuses vir hom of haar maak nie. Merk jy skade, vandalisme, misbruik of roekelose ryery op? Meld dit gerus aan – ons help graag. Maar veiligheid dáár op die pad, terwyl die wiele rol, begin by die persoon op die scooter.

GoNow kry jou van punt A na punt B. Hoe veilig jy daar aankom, hang van jou af.

If you found this blog helpful, be kind and share it with others: